Aanwysings
Mina’s Farm Venue is geleë in die hart van die Magoebaskloofberge, ‘n paar minute buite Haenertsburg, Limpopo. Die plaas is van alle kante af slegs toeganklik via grondpad en ons raai dus ons gaste aan om ’n voertuig te bring met dit ingedagte. Daar is ook sekere grondpaaie wat makliker as ander ry, so sien gerus ons voorstelle hieronder.