Belangrike
18 April 2025
14:30
Mina’s Farm Venue
Zwakala River Retreat
Magoebaskloof
Kleredrag
Iewers tussen semi-formeel en formeel. Jy hoef byvoorbeeld nie ‘n das te dra nie, maar jy kan as jy wil, maar ons sal verkies as jy die denim by die huis los. Sien ook hieronder ’n paar voorgestelde kleure:
Verwagte weer
Koel oggend, matige middag.
Ligte kans vir reën.
Die aand mag ook dalk bietjie koel raak, so bring gerus iets warm saam.
RSVP
Asseblief voor 1 Februarie 2026
Naweek
Vrydag, 17 April
18:00-22:00
Burgers en bier by Zwakala Brouery
Met die troue wat op dieselfde plaas as die bekende Zwakala Brouery plaasvind, geniet ons ook die voorreg van ekslusiewe gebruik van die Zwakala Brouery se restaurant op Vrydagaand, 17 April. Indien jy deurkom vir die naweek, is jy welkom en sal ons dit geniet om jou ook daar te sien. Ons gaan net lekker ontspan en saam eet. Let wel daarop dat jou rekening op hierdie aand vir jou eie sak sal wees.
Saterdag, 18 April
14:30
Jan en Megan se seremonie
Die wat self ry is welkom om te parkeer op die plaas, waar parkering vir jou aangewys sal word. Dis nie teen die reëls om jou selfoon saam te bring nie en ons verstaan dat jy graag die spesiale oomblikke wil afneem, maar ons vra ook dat jy asseblief tydens die seremonie die fotograwe en videograwe sal respekteer en bedagsaam sal wees rondom die gebruik van jou selfoon.
Canapés en drankies
Na afloop van die seremonie, sal daar bier en gin on tap beskikbaar wees vir gaste, sowel as ‘n oesfeestafel met heerlike versnapperinge.
Onthaal
Ons opelug-onthaal sal geskied op die grasperk by Mina’s, maar ingeval van reën is daar ook voorsorg getref en is daar reeds ‘n alternatiewe plan gemaak. Ons het ook nie ‘n voorafbepaalde spyskaart nie en sal ‘n vars Meksikaanse-buffet voorsit. Indien jy enige spesiale voorkeure of allergieë het, laat weet ons asseblief in die RSVP-vorm, sodat ons jou kan akkommodeer.
Geskenke
Ons huis is reeds gevul; ons harte ook.
Sou u dit egter oorweeg om vir ons iets
te gee, sal ’n bydrae tot ons nuwe hoofstuk
saam baie waardeer word.
Jan van Wyk
Discovery Bank
17734103439